Page 107 - WieEkIs Erin Nel
P. 107
So moet ons elkeen nie net weet van ‘n verhouding met God en
wat dit moontlik kan behels nie. Ons moet die verhouding
ervaar, beleef in sy volheid. In al sy fasette. Met ‘n oop hart,
oorgegee en vry.
Iemand het eendag by ons gemeente geprofeteer en net
terloops vir my gesê “God sê jy is so kosbaar.” Ek was verbaas
oor hoe emosioneel ek was toe ek dit te hoor. Dit is maklik om
vir mekaar te sê God dink jy is kosbaar - maar om tot die diepe
besef te kom dat die Vader werklik dink jy IS kosbaar, is iets
heeltemal anders. Ek het skielik so onwaardig gevoel. Ek het
gedink: Hoe op aarde kan ek vir God kosbaar wees? Hy ken my
dan! Hy weet wat ek netnou gedink het en hoe kwaad en
onregverdig ek was. Propvol sonde... nuwe, vars sonde. Hoe
kan ek kosbaar wees? Net daar het ek besef: Erin, jy het geen
idee wie Abba Vader is of wie jy in Hom is nie. Hy sê in Hosea
Hy het ons vrywillig lief; en ek was so onseker oor my identiteit
dat ek daardie woorde uit God se Vaderhart nie eers kon
aangryp nie!
Baie mense sê hulle hoor nie God se stem nie. Hulle weet nie
hoe Hy kommunikeer nie. God is egter die groot
kommunikeerder, Sy begeerte is groter om met ons te
kommunikeer as wat ons begeerte is om met Hom te
kommunikeer. Selfs vanaf Genesis 1 sien ons dat God reeds van
die begin af kommunikeer. In Genesis 1:21-30 sien ons van God
se liefde, vreugde en sorg vir Sy skepping. Hy seën Sy skepping
en sien dat dit baie goed is. God spreek ook ‘n wonderlike doel
vir sy skepping uit, dat hul moet vermeerder en die aarde vul.
God skep ook standhoudende bepalings vir die skepping.
102