Page 99 - WieEkIs Erin Nel
P. 99
Die doop kan ook vergelyk word met ‘n troupand, waar jy in die
openbaar ‘n verbond sluit voor almal en God, wat jy tot dusver
in jou hart ook gemaak het. Iemand wat aan Christus behoort,
is ‘n nuwe mens. Die oue is verby en die nuwe het gekom (2 Kor.
5:17).
Maar met hierdie kosbare gebaar kom ook
verantwoordelikheid, want ons harte is gerig op Jesus, maar
ons gedagtes en gewoontes moet ook vernuwe word nou.
Hierdie is egter ‘n daaglikse groeiproses in ons reis as gelowige.
“We delight in the beauty of the butterfly, but rarely admit the
changes it has gone through to achieve that beauty.” – Maya
Angelou. Soos die skoenlapper gaan ons elkeen deur die
natuurlike proses van groei en verandering tot ons heel word in
Christus.
God wil ons rein, heel en volkome vry hê in Hom, daarom help
Hy ons in al die stappe op ons pelgrimsreis met Hom, deur die
sagte hand van die Heilige Gees onder ons.
Die Rooi see
Ons kan in die Bybel kyk na die Israelite wat deur die Rooi See
moes gaan voordat hulle die beloofde land kon betree. Die hele
volk is daar deur, onder leiding van Moses en hierdie bekende
gebeurtenis het gebeur net voor die volk se woestyn tydperk.
Die Rooi See is simbolies van die doop (1 Kor. 10:1-2). Hulle het
Egipte agtergelaat (sondes en ou identiteit) en dus skoon én
met hul nuwe identiteit as God se uitverkore volk anderkant die
94