Page 98 - WieEkIs Erin Nel
P. 98

Jesus het  die  voorbeeld  vir ons gestel  om  deur  Johannes
            gedoop te word. Alhoewel Jesus sonder sonde was, het Hy dit
            nodig geag om ook gedoop te word as voorbeeld vir ons (Matt.
            3:14-17). Later het Jesus opdrag gegee aan Sy dissipels en gesê:
            “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels:
            doop hulle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige
            Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
            (Matt. 28:19-20, Nuwe Vertaling)

            Baie mense het egter nog onsekerheid en vrae oor die doop
            aangesien dit so ‘n persoonlike en enorme stap is. Dit is elkeen
            se persoonlike reis saam met God en God stap met elkeen ‘n
            unieke pad, so lê die kwessie van doop by Jesus neer en praat
            in jou stiltetyd met God daaroor. Vra dat die Heilige Gees jou sal
            lei.

            Dit is ‘n besonderse geleentheid en iets om na uit te sien. So,
            waarom doen ons dit? Uit gehoorsaamheid aan Jesus, wat vir
            ons ‘n voorbeeld kom stel het met Sy dood, alhoewel Hy geen
            sonde gehad het nie.  Ons  doen dit as  ‘n geloofsaksie,  as ‘n
            publieke  verklaring van  ons geloof  en  toewyding aan  Jesus
            Christus.

            In Romeine  6 verduidelik Paulus dat, soos ons  in die  water
            ingaan en weer uitkom, dui dit op Christus Jesus se dood en
            opstanding. Ons staan saam met Hom op 'uit die dood', want
            die ou ek is verby en die nuwe het gekom. Ek is nou ‘n nuwe
            skepsel in Christus.





                                          93
   93   94   95   96   97   98   99   100   101   102   103