Page 96 - WieEkIs Erin Nel
P. 96

Wat behoort ons reaksie te wees?


            Hoe ons hierop MOET reageer en HOE ons reageer is dikwels
            nie dieselfde nie. Jesus het totaal en al ons skuld vir ons sondes,
            verkeerde dade en gedagtes betaal aan die kruis. Ons word dus
            geroep  om weg  te draai van ons  rebellie en selfsug, en om
            herenig met God ons Vader, ons Groot liefde. Ons word dus
            uitgenooi om ons vertroue te plaas in Jesus en dit wat Hy aan
            die kruis vir ons kom doen het.

            God maak baie duidelik wat die omstandighede is, hoe ons die
            verlossing kan verkry wat Jesus vir ons gedoen het. Markus 1:15
            sê:  “Bekeer julle en  glo die evangelie.” Wat  beteken  ‘bekeer
            julle’?  Vra om verskoning? Sê jammer? Bekeer beteken om
            rigting te verander. Om die teenoorgestelde rigting in te slaan
            as waarheen jy oppad was. Om weg te draai ván ons selfsug,
            trots, rebellie en bitterheid; en te draai ná God. Ons beweeg
            dus  van ‘n selfgesentreerde  na  ‘n God-gesentreerde
            ingesteldheid. Alles gaan oor Hom. Om terug te hardloop na
            Hom en te skree, “vergewe my, ek het U lief!”

            Hier vra  ons om vergifnis  vir  ons  sondes, en ons bely  dit as
            sonde. Ons gaan lê dit by Jesus se kruis en vra dat God ons
            skoonwas met die  bloed van Jesus. Ons  kan nie  werklik ‘n
            ommekeer maak, wegdraai van ons ou lewe voordat ons nie
            met die sondes afgereken het nie. Belydenis van sondes is van
            kardinale belang vir elke gelowige se verhouding met God, elke
            dag.






                                          91
   91   92   93   94   95   96   97   98   99   100   101