Page 86 - WieEkIs Erin Nel
P. 86

Hoe  red  God ons  dan?  Wat  is  ons reaksie  op  hierdie
            reddingspoging? Wat is JOU reaksie op Sy redding? Noudat ons
            die kleiner prentjie in groter perspektief sien, laat ons begin by
            die begin. Die boek van die begin van die begin. Genesis. Die
            boek waar ons skepping en ons skeppingsdoel uiteengesit word.

            “In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Die aarde
            was woes en leeg, en duisternis was op die watervloed, en die
            Gees van God het gesweef op die waters ” – Genesis 1:1-2

            Hoe het ons hier gekom?


            As ons mooi God se Woord studeer, kan ons sien ons is nie net
            per ongeluk  geskep  as gevolg  van  toevallige kosmiese
            verwikkelinge nie. Daar was nie net atome wat per ongeluk op
            die regte  tyd op die  regte  plek  ontplof het,  die  aarde laat
            ontstaan het en ons sodoende per ongeluk begin bestaan en
            leef het nie.

            “U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee, die
            son weet wanneer om onder te gaan... U het baie dinge geskep,
            Here, die aarde is vol van wat U gemaak het.” – Psalm 104: 19,
            24 (Nuwe vertaling)

            Die wetenskap agter die skepping en ontstaan van die heelal is
            ‘n geheimenis wat menigte wetenskaplikes al verwonderd laat
            staan het. Baie teorië is al neergelê en die geheime van God
            word nogsteeds tot vandag toe ontdek en ontgin. Die waarheid
            dat die  skepping  net bomenslik fantasties  is,  kan nie ontken
            word nie. Die son, die maan, die hemelliggame en elkeen se



                                          81
   81   82   83   84   85   86   87   88   89   90   91