Page 83 - WieEkIs Erin Nel
P. 83
Wie God is
In Deel 1 het ons onsself van naderby beskou. Ons het nagedink
oor wat ons alles behels en wat in ons hart en gedagtes omgaan.
Ons het gesien dat emosies, beproewings, drome en soeke na
ons lewensdoel inherent deel van ons menswees is. Dit is deel
van wat die "ek" opmaak. Die storms van die lewe kom op ons
elkeen se pad, en hierdie pad is juis vir ons ontwikkeling. Ons
het gesien dat dit die resep is vir groei, grootword en volwasse
word, en dat hierdie drie nie noodwendig dieselfde betekenis
het nie. Ons kan groei sonder om regtig groot te word en
grootword sonder om regtig volwasse te word in die proses.
Ons het in die eerste gedeelte van die boek besef dat ons soos
die Israeliete van ouds dalk nogsteeds in ons Egipte vertoef,
vasgevang deur moeilike tye, emosies en ‘n gevoel dat God van
ons vergeet het. Die saadjie is geplant en nou lê ons vergete in
die grond. Geen groei nie, net bestaan. Daarom gaan ons in
Deel 2 nie net soos die Israeliete die woestyn ingaan nie, maar
ons gaan terug na ons begin toe.
Soms besef ons nie die omvang, rede en belangrikheid van die
woestyntydperk nie, maar hier gaan ons saadjie nou van sterfte
tot nuwe lewe oorgaan. Die Woord sê nie verniet dat die saadjie
eers moet sterf voordat hy kan lewe nie. Hierdie is ‘n swaar
gedagte want "We are not necessarily doubting that God will do
the best for us; we are wondering how painful the best will turn
78