Page 78 - WieEkIs Erin Nel
P. 78
geword, die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. Die
geestelike kom nie eerste nie, maar die natuurlike, en daarna
die geestelike.”
Dit is God se hartsbegeerte om ons liggaam, siel en gees te
heilig. Die gesondheid van ons totale menswees hang af van die
gesondheid van die siel. Indien ons siel (emosies, denke en wil)
nuutgemaak en heelgemaak is, sal dit oorvloei na ons liggaam.
Dan sal dit onderhewig wees aan ons gees.
Soos ons liggaam 5 sintuie het, het ons gees dieselfde sintuie.
Sien, hoor, ruik, proe en voel. Ons sou nie optimaal kon leef
sonder die hulp van ons sintuie nie, daarom moet ons geetelike
sintuie ook werk om optimaal te leef. Sodra ons geestelike
sintue aangewakker word, gaan ons God op soveel meer
maniere ervaar, nie net ín ons nie maar ook róndom ons. In die
natuur, in musiek en klanke en ook in geure. Hierdie dinge kom
tot gewaarwording in ons siel.
Daarom is dit vir die satan so belangrik om die siel te vernietig,
want takel hy die siel af, kry hy direk toegang om die liggaam en
gees af te takel. Daarom moet ons daagliks ons gedagtes
vernuwe en gevange neem in Christus, sodat daar net Woord,
waarheid en liefde deursyfer. Hoe meer ons die Heilige Gees
toelaat om in ons gees te werk en groei, hoe sterkter en meer
prominent sal ons geestelike sintuie word. Soms is ons vleeslike
ore groter as ons geestelik ore. Daarom moet ons vir God vra
om ons geestelike oë en ore oop te maak om Hom dieper te
ervaar. Dan sal ons al hoe meer bewus raak van God se hand
rondom ons.
73