Page 73 - WieEkIs Erin Nel
P. 73
Liggaam, siel en gees
“Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd
maak, en julle geheel en al, na gees siel en liggaam, so bewaar
dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus
weer kom!” – Tessalosense 5:23 (Nuwe Vertaling)
“Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as
enige tweesnydende swaard en dring deur selfs tot die skeiding
van siel en gees en van gewrigte en murg.” – (Hebrieërs 4:12)
Waaruit betstaan ons?
Om onsself te ken moet ons hierdie konsep verstaan: dat ons
nie net uit liggaam bestaan nie en begryp wat dit beteken. Juis
omdat ons uniekheid hierin lê. Die meeste mense se denke oor
die omvang van ons menswees is – liggaam, siel en gees. Waar
dit as't ware gees, siel en dan eers liggaam is. Maar wat behels
hierdie 3? God het ons geskep met hierdie drie verskillende
dimensies in ons samestelling, elkeen afsonderlik en
gesamentlik belangrik. Die fokus is gewoonlik net op die siel en
liggaam, waar die liggaam die sigbare, en die siel die onsigbare
deel van ons menswees is. Hierdie is egter net gedeeltelik die
waarheid, want die Bybel maak uitdruklik onderskeid tussen die
liggaam, siel en gees. Die siel en gees verskil in oorsprong en in
funksie. In 1 Tessalonisense 5 skryf Paulus aan die gemeente in
Tessalonika dat hy bid dat God die liggaam, siel en gees sal
68