Page 77 - WieEkIs Erin Nel
P. 77
gaan maak om God te dien en te gehoorsaam, of téén Hom
gaan kies. As ons vrye wil kies om God te dien, sal ons siel
namate ons geestelik groei, al hoe meer onderhewig raak aan
die gees, soos wat God dit bedoel het om te wees. Ongelukkig
het ons gewoond geraak om vanuit ons siels-area te reageer, te
dink en te doen. Met ander woorde dit is hiér waar ons
aanstoot neem, jaloers raak, ongeduldig raak, kwaad word, en
deppressief voel. Dis in die siels-area waar ons daaglikse stryd
is, want die siel moet nog vernuwe word. Ons moet nog ontslae
raak van ons ou gedagtepatrone, gewoontes en reaksies. My
siel is nie outomaties vernuwe nie. Die Woord sê ons word
verander deur die vernuwing van ons gedagtes (siel). Die siel
het heiligmaking nodig. En dit is ‘n proses.
Wanneer ons teen God kies, sal die siel die gees onderdruk en
die liggaam sal onderhewig wees aan die siel en dan
daarvolgens handel. Vóór die sondeval was die siel onderhewig
aan die gees. Dit was God se oorspronklike orde. Gees eerste,
dan siel en dan liggaam. Soos dit was met Adam in die Tuin van
Eden, waar die gees, siel en liggaam in perfekte harmonie
geleef het, met die gees as middelpunt en die siel en liggaam
daaraan onderhewe. Die oorspronklike orde sal weer herstel
word, want alhoewel ons siel die middelpunt vorm tussen
liggaam en gees, sal die géés wel weer die middelpunt wees
met ons opstanding.
1 Korintiërs 15: 44-46 sê dit so mooi: “‘n Natuurlike liggaam
word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n
natuurlike liggaam en daar ‘n geestelike liggaam. So staan daar
ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel
72