Page 79 - WieEkIs Erin Nel
P. 79
Afsluit van die uittog uit ons Egipteland
Juis hiermee, sluit ons nou af met hierdie afdeling, en verlaat
ons Egipteland. Ons verlaat nou ons sondige natuur en dit wat
ons terughou. Ons begin ons pelgrimsreis, ons uittog uit Egipte
en stap onder leiding van God die woestyn binne. Ons gaan nou
leer om te begin groei; te groei daar waar ons geplant is.
Angelique dut Toit vertel ‘n storie wat mooi uitbeeld hoe ons
generasie op soek is na hul ware identiteit (Manna tydskrif,
Volume 16).
Sy vertel sy het eenkeer 'n storie gelees van 'n man wat
Hongkong besoek het. Hy het verby 'n tatoeëersalon geloop toe
die groot bord in die venster sy aandag trek. Dit het gelui: Born
to lose! Hy het verbaas gaan staan en gewonder hoeveel mense
nou juis daardie woorde op hul lyf sou tatoeër. Toe hy by die
salon instap, vra hy die Chinese tatoeëerder: “Meneer, sê
asseblief vir my hoeveel mense sal nou regtig hier instap en vra
dat jy daardie woorde op hul lyf sou wou tatoeëer?” In gebroke
engels het die tatoeëerder geantwoord: “Daardie woorde is ons
beste verkoper!” “Maar waarom?” het die man gevra. “Dis
eenvoudig” het die tatoeëerder geantwoord. “Dis reeds op hul
gedagtes getatoeëer, en dan sit hulle dit op hul lyf.”
Die gedagte word eers in ons denke vasgevang en dan oorgedra
na ons liggaam. Dit wys ons net die mag van ons gedagtes as
ons identiteit nie in God gesetel is nie. Mag ons deur God se
genade die uitnodiging aangryp, en ons identiteit in God ons
Vader vestig!
74