Page 74 - WieEkIs Erin Nel
P. 74

bewaar dat hul onberispelik sal leef voor God. Paulus benadruk
            dus hier dat ons in geheel – liggaam, siel en gees – rein voor
            God moet leef. Heilig.

            Hier sien ons duidelik dat die mens uit drie dele betaan en nie
            net twee, soos wat baie van ons glo nie (sien figuur 1). Wat
            bedoel Paulus hier oor hoe ons in geheel heilig voor God moet
            leef? Ons moet skoongewas, heel word, heilig word in al drie
            hierdie fasette van ons menswees. Liggaam, siel en gees. Ons
            verstaan gewoonlik dat ons net in gees moet heilig wees, maar
            God roep ons tot heiligheid in ons totale menswees, op al drie
            vlakke van ons bestaan.


















            Figuur 1: Die mens bestaan uit drie dele: liggaam, siel en gees.

            Om  die siel en gees  te skei  en afsonderlik te  verduidelik  is
            belangrik, aangesien die siel ‘n enorme invloed uitoefen op ons
            gees. Hoe kan ons enigsins geestelik groei as ons as gelowiges
            nie die omvang van die gees verstaan nie en nie begryp wat die
            realm van gees behels nie? Ons kan so maklik die dinge van die
            siel (emosies, denke en wil) verwar met die dinge van gees. God
            het hierdie twee opsetlik geskei.



                                          69
   69   70   71   72   73   74   75   76   77   78   79