Page 68 - WieEkIs Erin Nel
P. 68
neersit nie, nie van dit ontslae wil raak nie, want ons gaan die
aandag en simpatie net te veel mis. Nonsens! God wil hê ons
moet vry en gesond wees, sonder ‘n albatros wat om ons nek
hang. Net omdat iemand daardie etiket om jou gehang het,
beteken nie dat dit waar is nie. Hoekom nie? Want hierdie
etikette wat ons vashou, is gewoonlik nie in ooreensteming met
wat in God se Woord oor ons geskryf is nie.
Hoe langer ons hierdie leuens glo en laat hang, hoe meer gaan
dit deel vorm van wie ons is. Ons beperk. Maar om beter te leef,
moet ons beter dink oor onsself en nie vatbaar wees vir hierdie
leuens nie. Jy is nie wie mense sê jy is nie, jy is wie God sê jy is.
Mense bepaal nie ons toekoms nie, God bepaal dit. Ons
belangrikste geveg vind plaas in ons gedagtes, dit is juis daar
waar die satan ons aanval omdat hy wil keer dat ons raak wie
God ons bestem het om te wees. Ons moet staan op God se
beloftes vir ons wat in Sy Woord is. Hy het ons ‘n toekoms gegee,
‘n hoop, ‘n verwagting.
Getuienis
'n Vriendin in Christus het 'n inspirerende getuienis van hoe
daar nuwe lewe geblaas is in haar wandel met God, en hoe sy
haar skeppingdoel nou sien. Sy het werklik God se beloftes oor
haar ter harte geneem en dit begin lééf.
“‘Wie is ek?’ en ‘Wat is my doel?’ is vrae wat die afgelope
tyd my na aan die hart lê. Namate ‘n mens grootword, trou,
kinders kry, en ouer word, is daar baie dinge in hierdie
aardse lewe wat beinvloed hoe jy oor jouself voel, hetsy
63