Page 63 - WieEkIs Erin Nel
P. 63

man se karakter gegee soos: die man is ‘n biljoenêr, die man lei
            aan depressie, die man kom sopas uit die tronk uit, die man is
            ‘n plaaslike  visserman,  hy  is  ‘n  alkoholis, die  man is  ’n
            spiritistiese medium (pshycic), die man is ‘n lewensredder. Elke
            fotograaf neem dan die man alleen af. Wat interressant is, is dat
            niks van die informasie oor die man die waarheid is nie, maar
            elke fotograaf het vanuit sy eie persepsie die man afgeneem.
            Op die ou einde is almal se foto's bymekaar gesit en dit lyk soos
            ses verskillende mans wat hul afgeneem het. Die karakter wat
            op elke foto verskyn is verskillend van die ander vyf. Die man
            was dieselfde man, maar die fotograwe se persepsie van die
            man het elke keer die atmosfeer en styl van die foto beïnvloed.
            Soveel so dat elkeen verskil.

            In die wêreld is  dit ook so. Ons  word  beïnvloed  deur ander
            mense se opinies van ons. Die persoon wat ons in die spieël sien
            is nie net noodwendig dit was ons oor onsself dink nie. Ander
            mense se opinies dra klaarblyklik net soveel gewig.

            Kreatief: Skryf drie positiewe dinge neer wat jy in jou spiëel sien.
            __________________________________________________

            __________________________________________________

            __________________________________________________


            Wat sien jy as jy in die spieël kyk? Sien jy nog dieselfde siel wat
            20 jaar terug ook na jou teruggestaar het? Is jy tevrede met dit
            wat jy sien? Het jy deur die jare vergeet wie die persoon in die
            spieël is? Dink jy dat jy besonders geskep is? Dink jy die persoon
            in die spieël het ‘n spesiale doel op aarde? Droom hy/sy nog?


                                          58
   58   59   60   61   62   63   64   65   66   67   68