Page 67 - WieEkIs Erin Nel
P. 67
Daar is iemand binne elkeen van ons; iemand wat aanvaar,
liefgehê en waardevol wil wees. Ons almal is gebroke êrens in
ons harte. Alle dinge breek, en alle dinge kan weer reggemaak
word. Ons ook. Maar soms wil ons nie ons harte oopmaak nie,
ons is bang vir heelword. Bang vir wat dit gaan kos. Bang vir die
proses. Soms net te moedeloos of te seer vir die proses. Sodra
ons die vraag vra: Hoekom is ek nie meer ek nie; is dit die
bloeisel van God se liefde wat begin om jou te herinner wie jy
is. Op daai alleen plek wil Hy kom wys wat jy vergeet het van Sy
genade, liefde en goedheid. Waar Hy alles in Sy mag wil doen
om jou gebrokenheid heel te maak.
Kinsukuroi: "To repair with gold"
Dit is ‘n besonderse Japanese gebruik waar hulle kleipotte wat
gebreek het, se krake weer heelmaak met ‘n vulsel van goud.
Hulle glo dat wanneer iets beskadig is en dus ’n geskiedenis het,
dit net nog mooier raak juis omdat dit gebroke was en met goud
herstel is. Dit raak ‘n vorm van kuns. So moet ons krake ook
herstel word met die goud van die proses. Die proses van
herstel en heelword, is juis dít wat ons elkeen besonders maak.
Partykeer kan die woorde van mense so diep kloof, dat ons
sukkel om die waarheid omtrent onsself te glo. Ons begin
onsself sien soos ander mense ons sien, en dit breek ons gees
net verder af. Ons kan eers heel word wanneer ons daardie
leuens na die kruis toe bring. Ons moet hierdie tasse en tasse
vol negatiewe etikette wat ons saamsleep, neersit. Los. Daar is
ook party van ons wat swaar dra, maar die swaar tasse nie wil
62