Page 62 - WieEkIs Erin Nel
P. 62

“wonderbaar geskape”. As ons deur die Woord lees kan ons
            sien dat God baie aandag aan die fisiese liggaam skenk. Wat
            baie fassinerend is, is dat selfs die Woord mens geword het en
            onder ons kom woon het. Die Seun van God het ook die liggaam
            van vlees en bloed ingeneem. Ons liggaam is stof en sal na stof
            terugkeer, so waarom heg ons soveel waarde aan ons fisiese
            pakkie?

            Wanneer ons in die spieel kyk, wat sien ons? Ons sien ons neus,
            hare, oë, maag, plooie ensovoorts. Party van ons sal minder
            opgewonde en positief wees oor dit wat ons sien as ander. Party
            sal skugter wees, selfs nie eers in die spieël wil kyk nie, en ander
            sal onseker wees  oor wat  hulle  sien, waar  ander dalk  heel
            gemaklik sal wees met die beeld wat voor hulle in die spieël
            staan.

            Hoe dit ook  al  sy, ons  almal se  ontdekkingsreis  verskil  ten
            opsigte van hoe ons voel oor ons beeld in die spieël. Die liggaam
            wat na ons terugstaar sal namate die jare aanbeweeg, verander,
            ouer word.  Ons  elkeen se  spieël  sal anders  aan ons  terug
            reflekteer. Dit wat ons sien, en hoe ons dit sien, sal afhang van
            ons raamwerk.

            Om die punt van ons raamwerk te illustreer wil ek die voorbeeld
            noem van ‘n baie interressante video wat ek eendag gesien het
            op Youtube. Dit gaan oor persepsies wat verander in verskeie
            mense se  raamwerk.  Die  regisseur  van die  program  het ses
            fotograwe genooi om dieselfde man op kamera vas te lê. Die
            opdrag was eenvoudig: neem die man af en lê sy karakter vas
            op kamera. Aan elke fotograaf is afsonderlik ‘n aspek van die




                                          57
   57   58   59   60   61   62   63   64   65   66   67