Page 57 - WieEkIs Erin Nel
P. 57
leer eet, loop, hardloop, praat, skryf, tande wissel en geskool
raak. ‘n Groeiproses. Die God van die heelal, wat vlees geword
het, tussen ons kom woon het, moes self deur ‘n groeiposes
gaan. Hy was ‘n timmerman in ambag, iets wat Hy ook moes
aanleer met ‘n proses wat jare geneem het deur bloot saam
met Sy pa te werk en waar te neem. Selfs die bou proses
waarmee ’n timmerman besig is, is altyd ‘n proses. Beplan, dan
die hout saag, afskuur en versorg. Dan aanmekaar timmer
voordat die eindproduk eers in aanskoue is.
Geestelik was dit vir ons Messias, Jesus ook ‘n groeiproses. God
het dit so beplan dat Jesus eers op die ouderdom van 33 jaar
met Sy bediening sou begin. Hy moes soos al die ander Joodse
seuntjies die Woord bestudeer en geskool raak in die feeste en
gebruike van die dag, toe gaan Hy verder en word gedoop deur
Johannes die doper.
Maar Jesus se proses eindig nie hier nie, Hy gaan vir 40 dae van
vas die woestyn in om versoek te word deur die satan. So, as
Jesus, wat die Seun van God is, die Koning van Konings, deur
hierdie prosesse moes gaan, sal ons dit beslis nie vryspring nie.
Hoe kan ek positief bly?
Maar skep moed! Ons is geskep om te oorwin, te oorkom en
om die wenstreep te behaal. Die saadjie wat onder die grond lê,
wat in sy oorlewingsfase is, survival mode, word steeds
beskerm. Die saadjie het ‘n beskermende lagie om en wat nog
beter is, is dat die saadjie aan homself kos kan verskaf terwyl hy
nog nie ‘n wortelstelsel ontwikkel het nie!
52