Page 54 - WieEkIs Erin Nel
P. 54

ons nie genoeg suurstof en water gaan kry nie. Ons  wonder
            soms of God nog weet dat hy ons hier in die grond gesit het, of
            Hy  net  dalk van ons  vergeet het.  Hierdie gedeelte  vra die
            meeste  geloof van  ons,  om onder die  grond,  ondanks  die
            donker, die onsekerheid  steeds die Saaier, die  God  van  die
            proses te vertrou. Juis omdat die proses so onsigbaar lyk.

            Daar is dood en opstanding in elke saad. Die saad is die saad
            van ons lewe, so in hierdie proses moet ons eers doodgaan,
            voordat ons die vrug van die opstanding van ons saad sal ervaar.
            Moelike woorde, né? Beslis, want dit vra nie min nie. Dit vra
            alles.

            Die proses gaan vra dat jy nie meer fake it till you make it nie,
            maar dat jy faith it till you make it. God is in hierdie proses besig
            om ons volwasse te maak ja, maar dit gaan van ons vra om Hom
            te vertrou, geloof te hê in God om saam met ons die proses
            voluit, einduit klaar te maak.


            Belangrikheid van die proses


            Hoekom moet ons hierdeur? Wie in hul gesonde verstand sal
            doelbewus hierdie juk  op  hul skouers sit? Omdat God  dit
            toelaat vir ons eie beswil, ons eie groei, om nader aan Hom te
            beweeg en om  te  ontdek en  lééf  wie Hy  ons oorspronklik
            gemaak het om te wees. Geestelike volwassenheid is om God
            toe te laat om ons te lei. Dit is God se manier om ons te herinner
            wie ons vir Hom is. Wie ons vir onsself is. Hierdie proses is juis
            dit wat ons volwasse gaan maak, heel gaan maak en nuut gaan
            maak. In daarde tye wat ons voel of God almal rondom ons



                                          49
   49   50   51   52   53   54   55   56   57   58   59