Page 58 - WieEkIs Erin Nel
P. 58

So wanneer jy nie die voedingstowwe uit die grond rondom jou
            kan kry nie, kan jy dit van binne kry. Nuwe lewe het altyd ‘n
            brose begin, en alhoewel ‘n gemaksone lekker is, groei niks daar
            nie. Soms gee God ons iets in saadvorm in een seisoen, wat eers
            in die volgende seisoen ‘n oes sal aflewer. Ons moet die proses
            daarin  sien, dit  eer vir  wat dit is.  Want  ons omstandighede
            bepaal nie wie ons is, of wat met ons gaan gebeur nie. Ons moet
            in die proses leer om van binne na buite te leef.

            Toby Mac stel dit so mooi: “The God on the mountain is still the
            God in the valley.” Dieselfde Almagtige Vader. Want God is nie
            wie ons in bepaalde omstandighede dink Hy is nie, Hy is wie Hy
            sê is. Altyd. Vir ewig dieselfde.

















            Gebed


            Pappa YHWH, ons ewige, werklike, alomteenwoordige God. Ek
            vra vandag dat U my die genade skenk om die voetslaanpad van
            my proses te kan hanteer. Dat U my sal stig en vashou, sodat ek
            U onvoorwaardelik kan vertrou in die proses. Ek vra dat U my



                                          53
   53   54   55   56   57   58   59   60   61   62   63