Page 53 - WieEkIs Erin Nel
P. 53
minute later by ‘n volgende venster jou klaargemaakte kos in ‘n
papiersak, netjies verpak kry nie. Ons leef in ‘n wêreld waar ons
‘n instant mindset het. Alles gebeur vinnig, dadelik en maklik.
Met die druk van ‘n knoppie het ons vars koffie, stuur ons ‘n
epos of boodskap vir tien mense gelyktydig. Ons wil koop
voordat ons dit kan bekostig, ons wil saamslaap voordat ons
nog ‘n ring aan ons vinger het.
Die proses van die lewe moet op skedule wees. God se skedule.
Ons saadjie wat diep onder die grond lê ontkiem en groei, groei
op skedule. Die grond word eers voorberei, dan word gesaai,
dán word die oes eers afgehaal. Ons sien die oes, die vervulling
eers aan die einde van die proses, nie reeds aan die begin nie.
Die saadjie moet eers in die grond val en sterf, voordat ons vrug
sal sien.
1 Korintiërs 15:36-38
“Wat jy saai, kom nie tot lewe as dit nie eers sterwe nie. En wat
jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar
as ‘n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. Maar
God gee gestalte daaraan, soos Hy bepaal het; aan elke
saadsoort gee Hy ‘n eie gestalte.” (Nuwe vertaling)
Die saadjie se proses
Wanneer die saadjie in die grond lê kan hy nie die intensie sien
van die saaier, die een wat hom gesaai het nie. Hy weet hy is
gesaai, maar nou wat nou?
Soos die saadjie wat in die grond lê, voel ons in die proses dat
48