Page 48 - WieEkIs Erin Nel
P. 48

“









            Gebed


            Vader God, die Groot Ek Is, ek kom buig vanaand in nederigheid
            voor U neer. Vergewe my waar ek ander afgode voor U gehad
            het. Ander mense en materiële dinge van die wêreld. Vergewe
            my waar ek my so vereenselwig het met die wêreld (Rom. 12:2)
            en my visier gesit het op meer hê, nóg hê. Vergewe my waar ek
            in ondankbaarheid en ontenvredenheid gevoel het U my gefaal
            het en ek nie genoeg het of is nie. U het my wonderlik geskape,
            perfek in U oë. U het my lief met ‘n ewige liefde (Jer. 31:3) net
            soos ek is. Vergewe my waar ek my identitet, wie ek is, aan die
            satan afgestaan het weens my ontevrede hart. Ek bely hierdie
            ontenvredenheid, die ondankbaarheid as sonde en vra U om
            vergifnis. Was my skoon met die bloed van Jesus en reinig my
            van my sonde. Ek loof en prys U, in Jesus se Naam. Amen.











                                          43
   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52   53