Page 44 - WieEkIs Erin Nel
P. 44

media epidemie en kettingklerewinkels dat ons almal dieselfde
            moet dink, lyk en leef? Wie se identiteit leef jy? Joune of die
            identiteit wat die wêreld vir jou ten toonstel?

            Ons moet elkeen tot die punt kom waar ons besluit: “Wanneer
            gaan die wêreld die ware, regte ek sien?” Wanneer gaan ek en
            jy  ophou voorgee?  Ophou ‘n vals  ek wees. Iemand  anders
            uitleef. Ophou  fake  wees. Net ophou  fake. Ons  kan  nie
            inbeweeg in ons roeping, in wie ons geskep is om te wees as
            ons nie onsself is nie. God kan nie ‘n kopie/namaaksel van jou
            gebruik nie, hy soek jou; volledig jy! Hoe moet God jou seën en
            oprig as jy nie jy is nie?


            Is ek goed genoeg?


            Een van die grootste leuens van vandag is: “Wie jy is, is nie goed
            genoeg nie.” Of so dínk ons. Nie mooi genoeg nie, slim genoeg,
            ryk genoeg, populêr genoeg, sterk genoeg,  vinnig genoeg  of
            opwindend genoeg  nie. Ons  moet  mooier, slimmer, ryker,
            sterker, gewilder en net meer opwindend wees. Net altyd nog
            meer, beter as  die  persoon langs  ons. Ons  vergelyk onsself
            gedurig  met diegene  binne  ons  raamwerk.  Grootmense,
            jongmense, kinders, mans en vrouens. Almal doen dit.

            Daar is ‘n Engelse gesegde wat lei: Keeping up with the Jones'.
            En Fake it till you make it (onthou jy daardie een?) en keeping
            up appearances. As ons eerlik is en mooi daaroor nadink, is dit
            eintlik belaglik. Hoekom? Waar gaan dit ophou?

            Baie min mense weet regtig wat hul identiteit is. Of wie hulle is.



                                          39
   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49