Page 39 - WieEkIs Erin Nel
P. 39

dit  na  te  streef.  Vasbyt, vashou en  deurdruk.  Dit gaan ook
            bepaal hoe belangrik hierdie droom vir jou is. Gaan jy enduit
            volhou? Want dit is só die moeite werd!

            Wat gebeur wanneer ons omstandighede, fisiese beperkinge
            en ons gedagtes (of mense se opinies) hierdie droom wil smoor?
            Wil steel? Wanneer ons bang word vir ons droom, selfs bang is
            OM te droom. Wanneer vrees in ons begin opvlam. Vrees om
            te faal, te misluk of om buite ons gemaksone te funksioneer.
            Bang dat ons hokkie net te veel geskud gaan word. Wat gaan
            die mense sê? Of wat hét die mense al gesê!? Hierdie groep kyk
            vas in die probleme en opofferings wat dit gaan verg om jou
            droom te laat ontkiem en te laat leef.

            Dan is daar ook die teenoorgestelde vrees wat rondom jou hart
            kan kom  lê,  en soos  ‘n  koue wintersneeu jou  gedagtes  laat
            vasval. Die vrees van "wat as ek suksesvol is?" Wat gaan ek doen
            as my droom waar word? Hoe gaan ek dit hanteer? Hoe gaan
            dit my situasie verander of omvergooi? Is dit dan regtig wat ek
            wil hê? O, hierdie droom stelers! Hierdie leuens reg uit die hel!

            Dit is so hartseer dat ons toelaat dat ons omstandighede en
            gedagtes ons verwagtinge van die lewe beïnvloed. Dit beperk
            ons so dat ons vrees om ons vlerke te sprei en te vlieg. Om juis
            dit te doen waarvoor ek en jy bestem is, waarvoor ons geskep
            is. Vrees vir die onbekende, vrees vir verwerping, en vrees vir
            mislukking is maar ‘n paar wat ons weghou van ons droom of
            roeping. Vrees. Vrees is die teenoorgestelde van God se liefde,
            want Hy sê in die Woord, waar daar liefde is, is geen vrees nie,
            want liefde verdryf vrees (1 Joh. 4:18). As ons dus ons droom




                                          34
   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44