Page 36 - WieEkIs Erin Nel
P. 36

Waarom koester ons ‘n droom?

            As jy nie droom nie, of nie ‘n droom het nie, sal jy altyd soekend
            deur die lewe wandel en vervulling op ander plekke soek en
            nooit tevrede wees nie. As jy nie in jou droom glo nie, glo jy nie
            in dit wat in jou lewe kan gebeur daardeur nie, jy glo dus ook
            nie in jouself nie. Met ander woorde jy beperk jouself. Jy sit
            jouself in ‘n boksie. Jy leef ‘n halwe, onvervulde lewe. Bietjie
            kras, né? Maar sommer baie waar. Diep binne jou wéét jy dit,
            soos  ek  dit weet.  Ons almal weet dit, want ons  dien  ‘n
            fantastiese kreatiewe  God wat  vir  ons elkeen  ‘n  hartsdroom
            gegee het. Besonders. Uniek. Wat net jy kan doen. Of jy dalk
            vermoed wat dit is, of nog onseker is of dadelik weet waarvan
            ek praat, dis joune. Dit lê in die hemel se skatkamers en wag en
            wag en wag en wag vir jou. Al stel jy uit, gaan God dit nie afstel
            nie.  Dis  joune. Dit was  altyd joune en sal altyd joune wees.
            Spesiaal vir jou.

            Het jy ‘n droom om te sing? Te dans? Te bedien? Te skryf? Te
            ontwerp?  ‘n  Fietsryer te  wees?  ‘n  Atleet?  ‘n  Advokaat?  ‘n
            Swemmer? Om jou eie besigheid te besit en te bedryf? Party
            mense droom daarvan om ryk te wees, party wil groot hoogtes
            bereik en  party  wil  net vervuld en  gelukkig  wees.  Daar is  ‘n
            oneindige lys van drome wat God in mense se harte geplaas het
            en elkeeen se raamwerk van sukses en geluk verskil.

            Jy  hoor  van mense  wat  droom van  ‘n  spesifieke 'perfekte'
            lewensmaat en dit dan kry! Mense wat droom om sportsterre
            te word. Wêreldklas ballerinas. Gimnaste. Mense wat droom
            om deur gasvryheid en kosmaak mense geestelik te kan bedien.




                                          31
   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41