Page 35 - WieEkIs Erin Nel
P. 35
Drome is nougeset deel van wie ons is. Dit wys waar ons hart,
ons passie en ons uitkyk op die lewe lê. Mag daardie
droom/drome ontkiem en groei uit jou hart se grond soos ons
aanstap in ons pelgrimstog deur hierdie boek.
Waarom is dit belangrik om jou droom te koester?
Ons stap gewoonlik een van 2 paaie in ons lewens. Die eerste
een is om dinge aan te gryp en te doen, te leef en te ervaar.
Hierdie mense is opgewonde, gefokus en wil die lewe ten volle
benut. Elke geleentheid word gesien as proses om te groei en
te leer. Die ander pad is om dinge uit te stel en te wag. Wag tot
jou lewe perfek is. Wag totdat dinge rustiger is, wag totdat ek
ouer is, wag totdat ek meer geld het, wag totdat my kinders uit
die huis uit is. Wag totdat ek eers al die ander dinge
uitgesorteer het, dan sal ek tyd hê. Wag en wag en wag totdat
UITstel uiteindelik AFstel is. Klink dit bekend?
Kom ons wees maar koelbloedig eerlik. Die meeste van ons is
op die 2de pad, ons hele lewe lank of ten minste die helfde van
ons lewe lank. Hoe hartseer is dit? Glo my, ek kén van uitstel.
Jare lank uitstel. Hierdie boek wag al vir 5 jaar om geskryf te
raak. Ek het al vele bevestigings gehad, maar het elke keer
uitgestel want ek weet nie genoeg nie, is nie ervare genoeg nie,
is nie "geestelik" genoeg nie of ek is nie lus nie. Nie lus nie, kan
jy dít glo?! My passie en droom is om te skryf, maar ek is nie lus
nie! Ek het lekker toegelaat dat die satan kom steel.
So, hier sit ek vandag en skryf die boek. Vyf jaar later, maar ek
dóén dit uiteindelik. En my hart en gees loop oor van passie.
Geen verskonings meer nie. Jou beurt.
30