Page 40 - WieEkIs Erin Nel
P. 40
en roeping van God eenkant toe skuif as gevolg van vrees,
beteken dit ons fokus is op die verkeerde plek. Op onsself en
nie op God soos dit móét wees nie.
Erin Hanson het ‘n baie inspirerende woord in haar Quotes and
Notes wat my al vir baie jare bybly en konstant inspireer: "There
is freedom waiting for you, on the breezes of the sky, and you
ask "What if I fall?" Oh but my darling, What if you fly?” Ons
moet leer om op arendsvlerkte te vlieg, want ons moet besef
wie en wat ons geroep is om te wees. Ons moet ons identiteit
vind.
Identiteit
Wat bepaal jou identiteit? Is dit hoe jy lyk? Hoe slim jy is? Hoe
mooi of populêr jy is? Dalk hoeveel geld jy verdien, hoeveel jy
weggee, hoeveel jy doen?
Identiteit: Die feit van wie of wat ‘n persoon is. Karaktertrekke
wat bepaal wat ‘n persoon is. Individualiteit, ego,
persoonlikheid, uniekheid, selfheid. (HAT woordeboek.)
Is ons naam en van dalk die somtotaal van wie ons is? Ons
elkeen kry ‘n naam wanneer ons gebore word; sommige name
is met meer sentiment en tradisie gekies, waar ander bloot
mooi en modern op die oor val.
Dalk het ons ouers net van ‘n spesifieke naam gehou en ons dit
só toegeeien. Van ons dra name van ons voorouers. Ouma
Elisabeth se naam het nou joune geword. Jy is nou Lisa of Lise
35