Page 37 - WieEkIs Erin Nel
P. 37
Mense wat droom om internasionaal te kan evangeliseer.
Mense wat droom om profeties te skilder of om ‘n
musiekinstrument te speel. God het ‘n plan met ons elkeen se
droom.
Drome help ons om doelgerig te leef, om elke dag tegemoet te
gaan met ‘n goddelike visie en nie bloot net te bestaan nie.
Drome gee kosbare betekenis aan jou lewe en daarom sê
Salomo in Spreuke 29:18 dat wanneer mense nie meer droom
nie, nie meer ‘n visie het nie, vergaan hulle. As jy nie weet
waarheen jy oppad is nie, gaan jy of nêrens opeindig, of jy gaan
op ‘n plek opeindig waar jy nie wil wees nie. Dalk is jy nou daar?
Of dalk is jy oppad daarheen? Jou Godgegewe droom bepaal
ook jou toekoms en beïnvloed jou lewensreis.
James Patterson is vir my ‘n wonderlike voorbeeld van iemand
wat sy droom nagestreef het. Ten spyte van die feit dat dertig
publikasie maatskappye hom weggewys het, het hy steeds sy
droom nagejaag om skrywer te word. Vandag is hy bekend as
een van die wêreld se mees gesogte skrywers.
In Efesiers 5:16 sê Paulus dat ons die beste gebruik moet maak
van elke geleentheid. Dus moet ons nie doelloos leef nie en
sodoende die lewe wat ons as geskenk ontvang het mors nie.
Markus 10:46-52 wys vir ons Bartimeus wat blind was. Sy groot
droom in die lewe was om te kon sien. Hy was onstuitbaar en
geen hindernis het hom teruggehou om sy droom te
verwesenlik nie. Alhoewel die mense hom beveel het om stil te
bly, het hy voortgegaan om Jesus te roep om Sy aandag te kry.
Hy het geen verskonings gesoek nie. Net aanhou glo. Sy droom
32