Page 34 - WieEkIs Erin Nel
P. 34
Hierdie dinge is dit wat ons toekoms, ons gedagtes, ons
gesindheid en ons roeping gaan beïnvloed. Hierdie is die dinge
wat maak of breek in ons lewe, meestal breek. Dit steel ons
geluk, ons lewensvreugde, ons drome. Dit steel ons Goddelike
roeping. Die hartseerste is dat ons dit toelaat om van ons te
steel. Ek en jy laat dit toe! Is dit nie verskriklik nie? Ons spit ons
drome toe onder die klam grond van dit wat rondom ons
aangaan. Ons begrawe dit.
Die droom in jou hart
Droom jy?
Wat droom jy?
Het jy nog ‘n droom?
Is dit nog dieselfde droom as 20 jaar gelede? Dertig jaar gelede?
As ek jou NOU skakel en vra wat jou droom is, gaan jy my kan
antwoord?
Gaan jy jok of eerlik wees?
Kom ons kyk.
Hier onder is ‘n spasie waarin jy (net vir jouself) kan neerskryf
wat jou droom of drome is. Gebruik ‘n notaboekie of papier as
jy wil. Sit ‘n rukkie en dink. Hou dit wat jy neerskryf, want ons
gaan hiermee deur die boek vleg.
My droom is:
__________________________________________________
__________________________________________________
__________________________________________________
29