Page 42 - WieEkIs Erin Nel
P. 42

die Bybel. Abram se naam wat verander het na Abraham (vader
            van menigte) en Sarai (my prinses) is verander na Sara (moeder
            van baie nasies). Jakob se naam, (bedrieër), is verander na Israel
            (jy het geworstel met God en die mense en het oorwin). God het
            telkens hul name verander as ‘n teken van seën. Johannes die
            Doper se naam beteken God was genadig. Jesus het ook geword
            Immanuel, wat  beteken God met  ons.  ‘n Naam is belangrik,
            want dit vorm deel van ons identiteit, daarom is dit so hartseer
            dat baie van ons nie weet wat ons name beteken nie. Weet jy
            wat jou naam beteken? Doen jouself ‘n guns en gaan vors dit
            bietjie na, gaan praat dan met God daaroor, dit kan vir elkeen
            tot soveel seën en hulp wees om te verstaan wie hy/sy is deur
            hul naam.

            Identiteit kan ook omvattend wees van hoe jy uniek is aan die
            manier wat jy dink, spesifieke keuses maak en hoe jy reageer in
            bepaalde omstandighede.  Hieruit kan ons  agterkom  dat
            sommige mense meer emosioneel en ander dalk meer ernstig
            of ekstroverties tot die wêreld reageer. Ons identiteit spruit uit
            ons uniekheid, en dra positief tot ons roeping by.


            Rolmodelle, ons inspirasie


            Deur die jare op ons lewenspad soek ons altyd iemand om na
            op te  kyk,  iemand  om  te  bewonder, iemand wat vir  ons  ‘n
            inspirasie  is.  Hetsy geestelik of  sekulêr,  hierdie persoon  of
            persone word vir ons ‘n wonderlike bron van inspirasie. Iemand
            soos wie ons graag sou wou wees. Ons begin dalk hul styl volg,
            ons hare so dra, ons lewensstyl so aanpas. Ons volg hul gereeld
            in die media.



                                          37
   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47