Page 56 - WieEkIs Erin Nel
P. 56

Die uithouvermoë verbonde aan die doel


            Ons  almal hunker  na die  openbaring van  ons doel.  Daarom
            moet ons besef dat ons doel en plan vir ons lewe in ons proses
            lê, reg onder ons neus; voor ons oë. God ontwikkel ons doel
            deur ons swaar tye, ons saadjie tye. Daardie tye waar ons diep
            onder die grond lê, eenkant is, moeg en moedeloos is. Hierdie
            proses  kan nie  suksesvol  wees  as ons  nie  deurdruk nie,  ons
            moet uithouvermoë hê, perserverance.

            Paulus sê nie verniet dat ons die wedloop met volharding moet
            hardloop en tot by die wenpaal moet volhou, uithou en aanhou
            nie. Persevere. Ons kan gerus hier ‘n belangrike les by Job leer,
            want hy het ten spyte van sy omstandighede, sy proses, steeds
            in God vertrou. Selfs sy eie vrou het gevra hoekom vervloek hy
            nie eerder vir God en dood nie!

            Hier kan ons self sien dat die proses nie maklik is nie, maar God
            het geweet ons gaan deur hierdie prosesse moet loop, en soms
            kruip ons  daardeur,  daarom het God ons  geskep om  te  kan
            volhard. Om te kan uithou, aanhou... persevere. Onthou, die
            satan het Job nie beproef sonder God se toestemming nie. Hy
            moes voor God gaan en vra of hy dit mag doen. As hy Job kon
            aanval, sal hy vir jou en my ook probeer aanval, met die doel
            om ons roeping te steel, ons weg te kry van God af.

            Die beste illustrasie van ‘n proses in die Woord is beslis vir my
            die voorbeeld van Jesus  se  grootword proses  terwyl Hy  op
            aarde was. Jesus was baba, toe ‘n klein seuntjie met boeties en
            sussies rondom Hom, deel van ‘n gesin. Jesus moes in die vlees



                                          51
   51   52   53   54   55   56   57   58   59   60   61