Page 66 - WieEkIs Erin Nel
P. 66

Kreatief: Watter leuens glo jy, of het jy tot onlangs geglo oor
            jouself  wanneer jy  na jouself  in  die spieël kyk, hetsy  fisies,
            emosioneel of geestelik?
            __________________________________________________

            __________________________________________________

            __________________________________________________

            Jakobus 1:23 sê:
            “Want as iemand ‘n hoorder van die Woord is en nie ‘n dader
            nie, díe is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien:
            want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy
            gelyk het.”

            Die spieël waarvan Jakobus praat in sy boek, wys jou hoe jy
            veronderstel  is  om te  lyk.  Hoe jy moet lyk wanneer jy
            vrygemaak, heelgemaak en nuutgemaak is. ‘n Nuwe skepping
            is in Christus. As jy jou identiteit in Christus ontvang en verstaan.
            Dit het tyd geword dat ons vanuit dáárdie spieël leef, dink en
            doen, sodat ons nie net kyk, omdraai en vergeet nie maar leef
            wie ons geroep is om te wees.

            Ons laat toe dat die satan van ons steel, ons gedagtes met sy
            leuens kaap. Ons onthou die goed wat ons eintlik moet vergeet
            en vergeet die goed wat ons eintlik moet onthou! Hoe ons oor
            onsself dink, beïnvloed ons liggaam sowel as ons siel. Baie van
            ons verval in swak eetgewoontes of verslawings as gevolg van
            hoe ons oor onsself voel, as gevolg van hoe ons oor onsself dink.
            Wat laat ons toe in ons gedagtes oor onsself?


                                          61
   61   62   63   64   65   66   67   68   69   70   71