Page 47 - Remembrance in Emotion Book Cover Photo Poetry Book Example_Neat
P. 47

Verlore

                                      Ek wil verlore raak in jou, in jou oë, in jou siel.
                                Kom verlos my binnekant jou hande. Hou my hart in joune.
                                  Ek wil gerus wees om te weet ek is veilig. Veilig by jou.
                                              Dat ek al een is wat saakmaak.

                             Ek verlang die gevoel wat jy vir my gee, ek wil weet ek is al een.
                                                   Al een ooit vir jou.

                                 Ek hou van die manier hoe jy my in my drome kom red.
                                    Dan skrik ek wakker, en besef dit is net ‘n droom.
                                Ek het nie nodig om gered te word nie. My hart is skoon.
                                My hart is net besmet. Besmet met die gedagtes van jou.
                                                    Dit hou aan klou.

                                     Die lewe raak al hoe korter, aan moet ons gaan.
                                     Die paaie raak moeiliker, die keuses raak swaar.
                                       Hierdie gaan ‘n dekade wees om te onthou.
                                                     Wees gewaar.

                                     Trane van seer en onthou brand en los 'n merk.
                                              Waar gaan bêre mens seerkry.
                                           Ek wens so graag daar was ‘n plek.

                              Bewaar jou seer en onthou jou pyn. Dit is wat jou  mens maak.
                                                    Dit maak jou sane.

                                         Liefde is goed. Dit maak jou lewendig.
                                             Verlore in jou is waar ek gaan bly.

                                                                                                       L.L.
   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52