Page 48 - Remembrance in Emotion Book Cover Photo Poetry Book Example_Neat
P. 48

Verlore vriende




        Daar gaan nie ‘n dag verby waar julle nie deur my gedagtes hardloop nie.

                       Sodra julle weg is, en alles sink in kom ‘n mens agter,
                                 Niks word gestop nie, dinge gaan aan.

                          Die aarde hou aan draai, die wind hou aan waai.

                             My hart kan nie daardie gevoel laat sink nie.

                    Al is dit jare later, sukkel ek nogsteeds met die koebaai.



                       Julle was almal uniek in julle eie persoonlike manier.

                    Vuurige persoonlikhede vir sommiges van julle verseker.
                  Mooiste siele was gevat. My hart  se seer sal nooit verbeter.

                          Ons leer maar net om saam met die seer te leef.



                                  Ek was geseënd om julle te kon ken.

                                      My hart is nogsteeds in stukke.

                                     Die trane trek al bo-oor my lippe.

                              Dit help tenmiste om die seer neer te pen.



              Ons sal nooit verstaan hoekom julle eerste gevat moes word nie.

                             Julle was verseker ‘n groot deel van Sy plan.

                                      Dit gaan ons verstand te bowe.
                                 God ken Sy plan, Hy het dit sò belowe.




                                                                                                               L.L.
   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52   53