Page 4 - 07 Cotton SA Desember 2015
P. 4

So presteer ons Suid-Afrikaans



                 geproduseerde katoen






                Gert Klindt, Katoen SA

                Die Suid-Afrikaanse katoenoes het vir die 2014/2015 produksiejaar byna verdubbel en die Kwalitets-
                beheerafdeling van Katoen SA het tot 3 November 2014, monsters vir 70 470 lopende bale katoenvesel vir
                gradering en klassifikasie ontvang, teenoor die 41 686 monsters van die vorige jaar.



                          edurende die 2015 oesjaar het die
                          kwaliteitsprofiel van die katoen opmerklik
                          verbeter veral as daar gelet word op die
                          toename in vesellengte wat in die AO/
               GAX kategorie, d.w.s. katoenvesel met ‘n
                vesellengte van 1”1/8 en langer (28 mm-32 mm)
                weerspieel word.
                Katoen met mikronêrwaardes (onryp vesel) minder as
                3.50 het in 2015 seisoen afgeneem tot 7% van byna
                19% in die 2014 seisoen. Die klimaatsomstandighede
                vir die laaste twee seisoene was vir seker meer geskik
                vir katoenverbouing en dit kan duidelik gesien word
                in die uiteensetting van die graderingsprofiele wat
                die graad prestasie illustreer. Die ander verblydende
                aspek is die algehele verbetering in die voorkoms van
                die katoen waarvan Deal en Dirk toegeneem het vanaf
                68% tot byna 80%. Die afname in die laer grade is dan
                ook ‘n direkte gevolg hiervan.









             4 |  Volume 17 – No 3
   1   2   3   4   5   6   7   8   9