Page 8 - 07 Cotton SA Desember 2015
P. 8

Katoen markverslag




                 soos op 2 November 2015




                Koot Louw, Katoen SA
                Volgens die ICAC (International Cotton Advisory Committee) sal Chinese katoenvoorrade (wat 56% van
                wêreld katoenvoorrade verteenwoordig) in 2015/16 vir die eerste keer in 5 jaar afneem, met 8%. Die hoë
                katoenvoorraadvlakke in China het ‘n groot rol gespeel in die laer internasionale pryse wat die afgelope paar

                jaar ondervind is. Op hierdie tydstip projekteer die ICAC ‘n gemiddelde Cotlook A indeks (‘n aanwyser van
                internasionale katoenpryse) van 73 VSA c/lb vir 2015/16 wat min of meer dieselfde is as die van die vorige seisoen.

                Internasionaal
                         ie totale katoenaanbod in China vir 2015/16, uit-
                         gesluit invoere, word deur die ICAC op 18 miljoen
                         ton geraam, wat meer as dubbel is as China se jaar-
                         likse verbruiksvolume, wat op 7.7 miljoen ton vir
               D2015/16 geraam word. Die ICAC raam dat Chinese
                katoeninvoere in 2015/16 met 24% sal afneem tot minder as
                1.4 miljoen ton. Die redes hiervoor is eerstens die implemen-
                tering van ‘n katoeninvoerkwota en tweedens ook weens die
                verlaging van binnelandse pryse wat die gaping met inter-
                nasionale pryse  gekrimp het, na China se aankondiging van
                laer subsidies vir 2015. Die kleiner prysverskil het die insentief
                van kopers om eerder buitelands aan te koop verminder omdat
                daar oorgenoeg voorrade plaaslik beskikbaar is.      New York JULIE katoen termynpryse soos aan die begin van
                As gevolg van die huidige lae katoenpryse en die meer gunsti-  elke week:
                ger pryse van kompeterende somergewasse, raam die ICAC dat
                wêreld katoenproduksie in 2015/16 met ongeveer 9% tot 23.9
                miljoen ton sal afneem, wat ongeveer 1.1 miljoen ton onder
                die verbruiksyfer is en daarop dui dat katoenpryse moontlik nie
                verder sal afneem nie, aldus die ICAC.
                Die  ICAC  verwag  dat  wêreld  katoenverbruik met 2% in 2015/
                16 sal toeneem. Die ICAC raam ook dat katoenverbruik in Asië,
                China uitgesluit, met 4% tot 12 miljoen ton sal toeneem, wat
                48% van 2015/16 wêreld katoenverbruik verteenwoordig.
                Die ICAC verwag dat wêreld katoenhandel met ongeveer 3%

                                                                                                               >>> 9
             8 |  Volume 17 – No 3
   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13