Page 20 - 09 Cotton SA August 2016
P. 20

Continued from page 19







































































          Kontaminasie kan ook by die pluismeule tydens die stoor van die katoen plaasvind waar bv. tou, katoenwolsakmateriaal en beskadigde
          plastiese materiaal wat vir die beskerming van modules gebruik word, in die katoen kan voorkom.



          Dit is ‘n alombekende feit dat tydens die voorskoonmaakprosedure wat die pluksel volg, kontaminante soos stukkies plastiek, "nylon tou"
          (twine) ens. in die pluisproses in repies geskeur word wat uiteindelik deel van die katoenvesel vorm.

          Hierdie gekontamineerde katoenvesel maak dan op die ou end ook deel uit van die katoengare wat na die spinproses ook deel is van die
          geweefde lap wat in die tekstielbedryf  as  "seconds" bekend staan. Die finansiële verliese as gevolg hiervan word in die bemarking van die
          produk weerspieël en kan die betrokke pluismeule en katoenprodusente in ‘n baie swak lig stel en kan tot gevolg hê dat 'n land of gebied se
          katoen deur die internasionale tekstielbedryf gebrandmerk word!




                                                                                                                 20
   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24