Page 15 - 09 Cotton SA August 2016
P. 15

Geraamde wêreldvraag en -aanbod vir katoen vir die
                                                       2014/15 seisoen en projeksies vir 2015/16 en 2016/17
                                                       (seisoene beginnende      1 Augustus):
        Volgens raming deur die ICAC het wêreld
        katoenvoorrade  op  31  Julie  2016  op
        ongeveer 19.7 miljoen te staan gekom, ‘n
        afname van 12%      teenoor ‘n jaar gelede.
        Voorrade buite China het met 9% afgeneem
        tot 8.4 miljoen ton, die laagste vlak in 5 jaar.
        Die  sterk  vraag  na  katoen  in  China  het
        gesorg  dat  sy  nasionale  vooraad  die
        afgelope  jaar  met  12%  afgeneem  het  tot
        11.3  miljoen  ton.  Volgens  die  ICAC  sal
        wêreld  katoenhandel  met  3%  in  2016/17
        toeneem.


        Plaaslike vooruitskouing


        Wat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die 7e skatting vir die 2015/16 produksiejaar op ‘n totale
        katoenoes van 43 398 bale vesel, ‘n daling van 53% teenoor die vorige seisoen en 9% minder as
        verlede maand se skatting. Na skatting sal  42 798  bale  geproduseer word van RSA geproduseerde
        katoenpluksel, ‘n daling van 53% teenoor die vorige seisoen. Die balans van 600 bale vesel het
        betrekking op verwagte Swaziland geproduseerde katoen wat deur die Swaziland pluismeule gepluis
        sal word.





















































                                                                                                                 15
   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20