Page 22 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 22
“VAT 50” KLAS VAN 1968
Saterdagmiddag - Deel in Lief en Leed
SATERDAG 17 MAART 2018
Vir my is die word Reünie sinoniem met die woord "re-charge".
Vandat ons Vrydag by die Eiland aangekom het, het my batterye ge- "re-charge".
Maar ek dink dat Saterdagmiddag die hoogtepunt was.
Daar sit ons almal en ons kry die geleentheid om 50 jaar in 'n neutedop bymekaar te vat
en dit met almal te deel.
Dié met wederhelftes en dié daarsonder het saam gesit en luister na 50 jaar se
manewales, hartseer, prestasies, geskiedenis en nog vele meer van mekaar.
Skielik kon ek verstaan dat nie net ek iewers 'n paar hartseer en alleen jare gehad het en
nogsteeds soms het nie.
Ons het met mekaar gedeel asof ons mekaar verlede jaar laas gesien het en nie 50 jaar
gelede nie.
Die was so ongelooflik dat ons kon kuier en gesels en lag met mekaar sonder enige jaloesie
of grootdoenerigheid.
Ons is almal 64+.
Nie een het meer plooie as die ander nie en wat maak dit in elk geval saak.
Plooie is die teken van lag, en wat maak ditsaak as ons nie meer mooi slank en sonder
rolletjies is nie?
Ons is almal '1968’ se matrieks.
Toe was ons nog jonk en mooi en nou is ons nog net mooi!
Ek hoop ek kan ge- "re-charge" bly tot die volgende reünie!
Renette du Preez (Rohrbeck)
Saterdagmiddag Program
Verwelkoming 13h30 – Petrus Fourie
Ligte middagete
Profielsketse 2 minute
Fotosessie to 16h30