Page 20 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 20

Die kuiertjie deur die museum word afgesluit met ʼn fotosessie op die museum se trappe.

















                                        Hilary, Ria, Wickus, Elize, Douw, Alminé, Charles, Herklaas, Tania,
                                              Petro, Mariaan, Irma, Neil, Willie, Marieta, Boet,
                                             Petrus J, Elmarie, Johan & Niekie voor die Museum.


        Louis en Nicky neem ons verder deur die terrein. Die skoolsaal word oopgesluit en groot is
        my verbasing om te sien dat die orkesput nie meer bestaan nie – vermoed dit het teveel
        ruimte in beslag geneem. Boet Wienand speel ʼn stukkie op die klavier.

        “Hy wil net hoor of die klank nog reg is”- en word luid toegejuig.!





















        So word daar kuier-kuier verder gewandel met Louis en Nicky wat ons deurlopend op hoogte
        bring met die nodige kennis en inligting.
        By die seuns- en meisies koshuise word daar eers weer stilgestaan, geluister en lekker gelag
        oor staaltjies uit die verlede toe ons groep nog daar in die koshuis was.


        Daar word opgemerk dat Merensky ʼn universiteit  in die kleine is. Daarvan getuig Radio
        Merensky en ook die verskeie Kultuur bedrywighede waaraan leerders kan deelneem.

        Sommige geboue lyk bekend en ander weer vreemd.
        Ons staan stil by die terrein waar die siekeboeg of hospitaaltjie was. Wie kan dan nie vir
        suster De Loor onthou nie.? Wat ‘n wonderlike mens, menige leerder se trooster en

        ondersteuner.
   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25