Page 15 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 15

“VAT 50” KLAS VAN 1968



                   Saterdagoggend- Skoolbesoek


        Besoek aan Merensky Hoërskool deur die 1968 Matriekgroep
        Dit is Saterdagoggend, 17 Maart 2018. Die dag is bewolk en toegetrek en orals staan
        poeletjies water. Getuie van die vorige aand se reën. Die aarde is skoon gewas deur God se
        genade.

        Met groot opgewondenheid en afwagting word die pad tussen die Eiland en ons Alma
        Mater, Merensky Hoërskool aangepak. 50 jaar is ʼn leeftyd en vir baie van ons is dit presies
        hoe lank gelede ons by die skoolterrein was.
        Op pad soontoe verval ek in ʼn mymering en in gedagte beleef ek  weer die pret, die
        kameraadskap, die mooi en die edele waardes wat ons daar geleer het. Ek ervaar weer die
        trots waarmee ons, ons skool by geleenthede verteenwoordig het en met hoeveel trots ons
        Merenskyse skoolbaadjie en uniform gedra het. Kan nie help om te wonder of dié waardes
        ook nog vandag daar geld nie.
        Dan is ons daar – nie meer soos ek dit onthou nie. Tog dieselfde gevoel van jare tevore
        oorspoel my– ʼn gevoel van vrede en rustigheid.
        Die skoolterrein word omsirkel deur die mooiste natuurskoon en ek vergaap my daaraan -
        Prentjie mooi. Snaaks dat dit nou so ʼn indruk op my maak. Dit was tog in ons jare ook
        mooi of is dit dat waardes met die ouderdom verdiep?
        Dan merk ek die woord “Plasies” op, wat deur plante by die ingang gespel word – kunstig
        hoor.
        Ons hou op die parkeerterrein stil waar ʼn paar motors geparkeer staan.
        Verder is alles stil. Geen geluid van kinders nie, want die meeste is met busse weg na een of

        ander sport geleentheid.
        Ons bly rondkyk soos ons opstap na die skoolmuseum. Dit is die plek soos ooreengekom,
        waar ons almal bymekaar sou kom vir ʼn begeleide toer. Die deure van die museum staan
        oop en ek het nog gewonder of ons kan ingaan toe word ons ingenooi deur die
        vriendelikste twee mense – Louis en Nicky, ware ambassadeurs van die skool.
        (Nicky het  intussen ‘n pos by die Departement gekry as vak Adviseur vir Rekeningkunde.
        Ons wens haar net die beste toe. Dankie vir alles Nicky)
   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20