Page 65 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 65
Joan
Groenewald
Metgesel: Hennie / Du Toit
Geboorteatum: 27September
Woonagtig: Cillinan,
Gauteng
Onder Hoofmeisie
Selfoon: 082 447 3634
epos: groenewaldjoan@gmail.com
Kinders: Herman & Ané (tweeling),
Rianette
Kleinkinders: Amoré & Tinique
Tans: Besig met eie besigheid Green Platform.
Gewerk by die NasionaleDepartement van Maatskaplike Ontwikkeling. Afgetree
as Adjunk Direkteur: Slagoffer Bemagtigings Program
Na skool het ek gaan studeer aan Hugenote Kollege Wellington. Eers in
sendingwerk en toe later oorgeskakel na maatskaplike werk. Kwalifikasie:
Diploma in Christelike Dienswerk. Ek het vir 19 jaar by verskillende kerke
gewerk. Die laaste 23 jaar voor aftrede was ek indiens van die Staat,
Hoofkantoor: Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Pretoria.
Ek het my doktoraal in Filosofie in die onderwerp maatskaplike werk behaal aan
Hennie & Joan die Universiteit van Pretoria.
Huidiglik: Na aftrede het ek ‘n besigheid gevestig: Green Patform. Ons is 3
Direkteure. Ons fokus hoofsaaklik op opleiding. Ek het twee boeke geskryf.
1ste boek: Human Trafficking the Hidden Crime - 2015
2de boek: Die Wêreld om Ons – 21ste Eeuse Mensehandel – 2017
3de boek: Handleiding vir opleiding: Trafficking in Persons – 2018
(Kontrakwerk)
Huidiglik is ek besig om die boek: Die Wêreld om Ons…te vertaal na al die
amptelike tale. Jul hoor daagliks dat kinders verdwyn, vrouens wegraak en
mans ook beter werksaanbieding kry. Hoe tragies – alles onder valse
voorwendsels. My droom was om die boek vir Afrikaans sprekende
gemeenskappe te skryf. Daar was egter ‘n wyer belangstelling. Huidiglik is die
boek al beskikbaar in Afrikaans, Engels, IsiXhosa, IsiZulu, Ndebele, Setswana,
Sepedi. Ek dank die Heer!
“Een persoon waarmee handel gedryf word is een persoon teveel!”
Ander: Ag julle weet: “Ek was een van meneer Mitchell se witbroodjies.”