Page 67 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 67

Klein Stoltz


                                                                                     / Venter
                                 Metgesel: Gawie
                                 Geboortedatum: 02/05/1951
                                 Woonagtig: Matola,
                                                     Mozambique
                                 Selfoon: +0025 884 583 7080
                                 epos: vaquitamatola@gmail.com

                                 Kinders: 1 Seun, 1 Dogter
                                 Kleinkinders: 2 Seuns, 3 Dogters













        Tans: Werk nogsteeds in ons Gastehuis.
        Na skool gewerk vir 3 jaar. Getrou met Gawie 1971. Saam het ons rondgetoer deur die land
        met sy Geologie werk. In 1976 gevestig – eers kinders groot gemaak in Phalaborwa en later
        gewerk vir 14 jaar by Fedmis se Hoofbestuurder as Sekretaresse. Einde 2000 verhuis na
        Nelspruit en weer daar gewerk vir 4 jaar. Einde 2004 verhuis na Mozambique. Hier het ons
        klein begin en kans gewaag met ‘n Gastehuis. Grootter geraak en nou na 13 jaar verhuis ek
        weer na ‘n meer “Lani” gastehuis. Ons seun Johan was heeltyd hier, nadat hy sy graad gekry
        het in 1996. So het ons by hom aangesluit. Gawie en Johan het ook ‘n Lodge, en Jagplaas
        bekom en bedryf dit hier in Mozambique. Aandele in Lodge verkoop en bedryf nou net
        Jagplaas.

                                                   Skoolherinneringe:
                Gawie & Klein                      Kan net sê ek sou nooit Prefek kon word nie, was kort-kort
                                                   in Mnr. Mitchell se kantoor omdat ek my hare “getease”
                                                   het. Dit maar net gedoen om dit in plek te hou! Ek was
                                                   maar ‘n koshuis inwoner. Het netbal gespeel en dit geniet.
                                                   Het maar kattekwaad aangevang in koshuis. Ek en Griet
                                                   het in Matriek net voor Lentedag uitgeslip om vir Gawie en
                                                   oorlede Rudolph te gaan kry en gaan fliek in Tzaneen en so
                                                   weer teruggeslip met die hulp van koshuis maters.
                                                   Iets wat my altyd sal bybly is die vroeë dae wat
                                                   “tiekieaande” was, Sondae se kerk toe gaan en sing in die
                                                   bus, en dan Sondagaande na ete kon seniors gaan stap van
                                                   koshuis na pad afdraai bo-oor bult, dit was lekker en het ‘n
                                                   gekuier afgegee.
   62   63   64   65   66   67   68   69   70   71   72