Page 2 - nuusbrief 2 2025
P. 2

Liewe Ouers


                               Hoe reageer jy as jou planne ontspoor?
                               En daar kry mev. Annelie van Rooyen wat aan die einde van die kwartaal aftree, uiteindelik haar
                               sin. Sy karring al lank aan my dat ek my jaarlikse Comrades Marathon ervaring met die kinders
                               tydens 'n saalbyeenkoms moet deel sodat ek, volgens haar, die kinders eerstehands kan
                               aanmoedig om vasbyters en aanhouers te wees. Ek was uiteraard altyd teësinnig, omdat ek
                               ongemaklik was om myself as voorbeeld te gebruik.
                               Ek was baie trots om in 2024 my dubbele groen nommer – atlete wat die Comrades tien keer
                               suksesvol voltooi, behou hul wedloopnommer – by die legendariese Alan Robb te ontvang,
                               nadat ek die moordende wedloop twintig keer voltooi het. My harde oefenprogram het vrugte
                               afgewerp en ek was gereed vir nommer 21!
                           My oefenprogram vir 2025 se Comrades het vlot verloop: Ek het met gemak tydens 'n marathon
                           (42,2 km) gekwalifiseer, weekliks tussen 60-80 km per week in die oggende afgelê deur soggens om
                           4:30 te gaan hardloop. Die totale aantal kilometers vir die jaar sedert 1 Januarie het nagenoeg 1 200
                           beloop. Ek het reg geëet, genoeg geslaap en daarin geslaag om gesond te bly. My raad aan
                           voornemende Comrades-atlete is dat jy deur die wedloop oor baie dinge gaan twyfel, maar oor een
                           ding mag daar geen twyfel wees nie, en dit is dat wanneer die laaste note van Chariots of Fire
                           wegsterf en die hanekraai van Max Trimborn by die wegspring weerklink, moet jy seker wees jy het
                           genoeg myle op die bene. Ek was slaggereed. Alles wat binne my vermoë was om my gereed te maak
                           vir die 90 km vanaf Pietermaritzburg tot Durban, kon ek op my lysie afmerk...
                            “Everyone has a plan until they get punched in the mouth” Mike Tyson, voormalige swaargewig
                           wêreldbokskampioen.
                            2025 se wedloop het voorspoedig begin. Ek het al die gebruiklike planne in werking gestel deur my
                           pas dop te hou en gesorg dat ek deurlopend genoeg vloeistowwe en eetgoed inneem. Teen halfpad,
                           op 45 km, het ek my teikentyd gehaal en doelgerig die tweede helfte van die wedloop aangedurf. Die
                           son het egter – anders as voorspel – genadeloos op die atlete vanaf die halfpadmerk begin neerfel. Ek
                           het in my beplanning daarop staatgemaak om by die bykans twee-kilometer-lange Fields Hill af te
                           draf en so 'n ekstra paar minute in die sakkie te kry. Groot was my verbasing dat ek nie teen die
                           afdraand kon bly draf nie en dat ek noodgedwonge dikwels moes begin stap. Gaandeweg het my
                           paraffien opgeraak en aan die onderkant van Fields Hill, met sowat 70 km van die wedloop agter die
                           rug, het my 21ste Comrades tot stilstand geknars. My gô was behoorlik uit en ek het net daar deel
                           van die statistiek geword van atlete wat mediese behandeling op die roete moes ontvang, toe 'n drip
                           aan my gedehidreerde liggaam langs die pad toegedien is. Die Genade was groot met die dat die twee
                           weldoeners langs die pad onderskeidelik 'n narkotiseur en ortopeed egpaar is wat my in my uur van
                           nood bygestaan het.
                           Ten spyte van die reuseteleurstelling om nie die wedloop te kon voltooi nie, moes ek besluit wat om
                           met die nare ervaring te maak. Ek het mettertyd besef dat alles nie altyd volgens plan verloop nie,
                           maar dat mens dikwels meer uit nederlae as oorwinnings leer. Ek gaan verseker aanhou hardloop as
                           deel van my gewoonte om 'n gesonde leefstyl te handhaaf. Ek is in elk geval te veel van 'n kompeteer-
                           der om nie een maal meer op te staan as wat ek geval het nie. Ek kyk in my lewe dikwels terug na die
                           tweede kanse wat ek in my lewe gekry het en so aanvanklike nederlae in oorwinnings verander het.
                           Miskien beteken die manier waarop ek 2025 se troostelose Comrades hanteer vir jou iets wanneer jy
                                          met die wrang smaak van 'n neerlaag in jou mond sit.
                                          Wanneer jy wel die bloed van die ongenaakbare hou in jou
                                          mond proe en besef dat jy sal moet opstaan en jou eie ego
                                          sal moet sluk en nog een keer moet probeer. Natuurlik is
                                          dit baie meer aangenaam om die soet smaak van sukses te
                                          proe, maar ongelukkig is dit beproewinge, terugslae en
                                          teleurstelling op ons pad wat ons louter en geleenthede
                                          tot groei bied.
                                          Mag beplande roetes wat ontspoor,  geleenthede vir jou
                                          inhou om opnuut oor die gebaande weg te besin en met 'n
                                          weer-probeer-ingesteldheid, 'n pad na 'n positiewe
                                          uitkoms karteer.
                                                                                       2025
                                                                                       2025
                              2024
                              2024                                                     2025
                              2024
                                                                            Ek ontv
                                                                                                  ades
                                                                                                  ades
                                                                                ang m
                                                                                ang m
                                                                            Ek ontv
                                                                                    y eerste drip op die Comr
                             ang m
                         Ek ontv
                         Ek ontvang my dubbele
                                y dubbele
                                                                                    y eerste drip op die Comr
                         Ek ontv ang m y dubbele                            Ek ontvang my eerste drip op die Comrades
                                                                                by barmhartige Samaritane.
                                                                                by barmhartige Samaritane.
                        oen nommer by Alan Robb.
                        oen nommer by Alan Robb.
                       groen nommer by Alan Robb.                               by barmhartige Samaritane.
                       gr gr
                                                         Groete
                                                       Dr. Louis Dey
                                                          Hoof
      DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
   1   2   3   4   5   6   7