Page 7 - nuusbrief 2 2025
P. 7
ALGEMEEN
AGTER DIE SKERMS...
Leiers maak video's
Weekliks kry ons 'n leiervideo waar hulle 'n opening
hanteer wat in ons voogklasse uitgesaai word. So lyk 'n
opname agter die skerms- sommer baie professioneel!
Hierdie openinge is meer as kosbaar en vorm 'n
integrale deel van ons skool se hartklop wat met elke
opening gevorm word. Ons leiers dui so duidelik die
rigting aan waarin generasies van Rooikatte na hulle
nog sal bly stap.
Ons skiet en skep self vir Kuierdag!
Ons maak ook ons eie advertensiemateriaal vir ons
Kuierdae. Hier neem ons klein maatjies af teen 'n groen
skerm in die Graad R-Saal wat ons dan verwerk na die
groot en klein advertensies vir Groot FM, Netwerk 24,
die groot advertensieborde langs die pad, advertensies by
Woodlands-Sentrum en op die pale langs die pad!
Ons skryf en neem ons eie radioadvertensie op by Groot FM!
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
DIS HÓÉ ONS DIE W Á T DOEN