Page 9 - nuusbrief 2 2025
P. 9
ALGEMEEN
Hemelvaart
Lekker Rooikatte lees ook oral lekker!
Toe Hy opvaar
het stilte oor die aarde gereën
en ons wat staar na bo vandag,
kyk in verwondering, sonder vrae.
Sy liefde dra, Sy arms wyd en
met 'n stil herinnering vertrou ons:
“Kom soos 'n kind, vertrou My weer,
glo sonder vrees, Ek is altyd naby, Ek is hier.”
So kyk ons op, bo die stof van tyd,
waar Hy regeer in Heerlikheid.
Met ons kinderharte en siel vol vuur,
Lekker Akademie
hou ons vas aan Sy belofte, elke dag hier.
Terwyl ons Hemelvaart gedenk, kom sit daar voor
die pawiljoen vol kinders en personeel 'n spierwit
duif skielik op die gras... beslis nie een van ons
gewone voël-kuiergaste nie. Ons snak na ons
asem en raak toe stil.
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN