Page 6 - nuusbrief 2 2025
P. 6
REDAKSIE
Redaktrise: Me. Annieka Moolman
Facebook-ontwerpe: Me. Lucelle Gilbert | Proeflesers: Dr. Dey en me. Ilse Biggs
Fotograwe: Personeel | Inligting: Organiseerders | Bladuitleg en -ontwerp: Pink Petals Design Studio
Hey, Hey, liewe lewe
Vanjaar as deel van ons Afrikaans 100-vieringe het ons weggetrek met ons Rooikat-Pappa, Leon Gropp, se liedjie Wees
net lekker, wat ons as jaartema geneem het en saam met hom gevorm het na Wees net 'n lekker Rooikat!
Op die amptelike verjaardag van Afrikaans op 8 Mei het ons Hey, hey liewe lewe opgeneem van Laurika Rauch en Christi
van Niekerk en so ook eer gebring aan 'n legende en ikoon van Afrikaans wat na jare uittree.
Liewe Laurika en Christi
Ons vier julle mooi bydra tot Afrikaans en ons skool se siel en hartklop met Hey, Hey liewe lewe tydens ons Afrikaans
100-viering.
Ons voel so bevoorreg om hierdie met julle te deel. Hey, Hey liewe lewe maak ook deel uit van ons Revue in September
en dan sing die hele skool die pragtige lied weer met bewegings by. Dis so spesiaal om in die skool te loop en te hoor
hoe die kinders dit spontaan in die gange bly sing.
Ek sal weer stuur as dit Revue-tyd is. Ons doen 'n massarevue so elke maatjie is op die opelug-verhoog.
Klik en kyk!
Liewe Annieka
Baie dankie vir hierdie opname. Ek bly verstom oor wat
Christi reggekry het met hierdie liedjie. Ek is so dankbaar om
deel te wees daarvan en die effek wat die woorde op mense Hi Annieka,
het - en meer spesifiek dat die tydsberekening so goed
saamval met Afrikaans se 100-jarige vieringe.
Die video is pragtig. Die kinders is pragtig en ek vind dit spesiaal! Ek sien baie uit na die Revue.
So baie dankie vir die aanstuur. Dit is baie
ontroerend om hulle entoesiasme te sien. Vriendelike groete
Christi
Ek sal so bly wees as jy vir my weer in September sal laat deel
in die pret met julle revue.
Nogmaals dankie en liefdegroete - ook aan die leerders.
Laurika
DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN