Page 30 - Remembrance in Emotion Book Cover Photo Poetry Book Example_Neat
P. 30

Optelwoorde



                                                      Tussen herfskaalharte bewolkte waters eggo’s van gemaakte oproepe wat my naam skend,

                                                                                     en ruggespraakte kwetsings tel ek ‘n woord op,




                                                                                                                    vir jou



                 Ek het vanoggend weer loop soek na die bont stiltes van jou hande, jou hande wat net liefde beklemtoon al te meer die warmte van jou hart.

                                              Die gerug loop dat jy heelmaak en ek het gesoek na jou halsing wat my asem soos lugstrome aanbid.

                                                       Ek het gewens dat jy nie aldag in die oorbehuilde weiplek van my verse hoef te loop nie.



                                            want jysélf kom uit bloedsweet verledes na my terwyl ons albei eintlik net na salwing soek en pure liefde.

                                                                             Ek het bly soek na die saligheid van jou mooiste eerlike oë.

                                                                 Gewens dat jy nét die mooi in my sal sien en dat jy sal aanhou dink aan my.




                                                                          Ek kom uit ‘n ander ryk waar heldinne en engele gedigte pleeg.

                                                My skoenlapperdae haas na jou soos ontginnings en die wind van my lewe waai my siel na jou toe.

                                                                                                        Want jy maak my heel.

                                                                                     Soos pasgebore liefde wat ek uiteindelik ontdek.
                                                                                                 Die optelwoorde van my hart.

                                                                                                                                                                                                                                    L.L.
   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35