Page 3 - Begrafnis brief pa
P. 3

SKRIFLESING:

                                                 PSALMS 23:4



                                            TEKSGEDEELTE:

       Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees

                  nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my.




                                           BEGRAFNISBRIEF:

    My pa was 67 jaar op die aarde waarvan hy 25 jaar lank met my ma getroud was.

    Hy was ‘n atleet in sy jonger dae en was daarna ‘n hardwerkende boer.


    My pa het gedurende die laaste paar maande deur ‘n rowwe tyd gegaan maar slaap

    nou rustig (Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend,

    slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak (Johannes 11: 11) en wag vir die

    wonderlike dag wanneer ons Skepper en Verlosser op die wolke gaan verskyn

    om Sy kinders te kom haal (1 Thessalonicense 4: 13-18)




    Johannes 11:         11 Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom
                         wakker te maak.


    1 Thessalonicense 4:   13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes
                         nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
                         14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God so die wat in Jesus ontslaap
                         het, saam met Hom bring.
                         15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die
                         wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie.
                         16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en
                         met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
                         17 Daarna  sal  ons  wat  in die  lewe  oorbly,  saam  met  hulle  in  wolke  weggevoer  word  die  Here
                         tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
                         18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.


                                              BEDANKINGS:

                                           Freddie van der Linde
   1   2   3   4   5   6   7   8