Page 6 - Begrafnis brief pa
        P. 6
     Die stilte van jou stem dreun deur my. Ek mis jou… My enigste troos is dat jy in Jesus
    Christus gesterf het. Jy Flippie, jy het geleef vir ons twee kinders en jy sal voortleef in ons
    twee pragtige kinders. Jy was ’n liefdevolle pa en maat woorde kan nie die leemte beskryf
    nie. Liefde Riana
    My liefste Pappa, Als voel so onwerklik en voel of jy enige oomblik in die huis kan in stap.
    Ek wens ek kon jou stem hoor vir ‘n laaste keer. Daar is soveel memories wat ek nooit sal
    kan vergeet nie. Jy was my held en sal altyd probeer om nog steeds besluite te maak wat ek
    weet jy sou goedgekeur het. Ek gaan die dae mis wat ek by die huis gekom het en gou saam
    jou koperasie toe moes ry of gou plaas toe gery het of self net so nou en dan langs jou gele
    het en saam tv te kyk. Jy was ‘n Pa wat enige iets kon doen en as jy dit nie kon doen nie het
    jy uitgevind hoe om dit te doen en jy was die beste Pa ooit jy sou altyd jou werk los om na
    my en boetie se hokkie, krieket, action cricket gaan kyk het, sal dit nooit kan vergeet hoe pa
    die skuitsregter aan gevat het al het Pa nie eintlik die reels geken nie en dan praat ek nog nie
    eers van om Williston en Robertson toe te ry vir ons jeugskou nie. Ek kan trots wees om n
    Pa soos jy   te gehad het vir 22 jaar jy sal altyd in my hart bly ek is Lief vir Pappa en mis Pappa
    baie. Liefde jou Poppie(Murique)
    Wanneer daar geen woorde is om te sê hoe ‘n mens voel nie kan dit geklasifiseer word as
    onbeskryflik, dit is hoe ek voel oor my pa. My pa het so baie vir my beteken, hy was my
    aardse held waarna ek opgekyk het. Dit het nie saak gemaak wat ek wou doen nie, my pa
    was altyd daar om my te ondersteun, waar hy ook net deel wou wees in alles wat ons gedoen
    het. As ek raad of hulp nodig gehad het was my pa die eerste persoon wat ek gebel het om
    meë te praat want hy het altyd ‘n oplossing vir alles gehad. My pa wou altyd net die beste
    vir ons gee en het alles in sy vermoë gedoen om dit reg te kry. Hy het meenigmale gesê dat
    hy vir ons wou gee wat hy nie gehad het as kind nie… Ek is baie trots op my pa met die
    pad wat hy begin stap het die laaste ruk met die Here. Op ‘n ouderdom van 66 het hy werklik
    sy Verlosser, Jesus Christus, aangeneem as die Lam wat vir sy sondes gesterf het as ook elke
    woord van die Bybel insluitend die 10 gebooie van God. En om dit te weet gee vir my
    vertroosting. Maar ek gaan pa nog oneindig baie mis. Lekker slaap pa. Tot Jesus weer kom.
    - Liefde Marlou.
    As daar nou iemand was wat iets kon maak en reg maak, was dit jy. Van ‘n windpomp vir
    ‘n skooltaak tot ‘n sparkie se engine. Van waar jy ons op jou skouers in die berg gedra het
    om die pomp te gaan stop tot waar ons saam gedoop is, jy was ons oom en ons vriend. Ons
    gaan jou vreeslik mis maar sal jou weer sien, en dan sal daar net trane van blydskap wees!
    Liefde Martin en Marna.
    Flip jou wysheid en insig gaan baie gemis word. Dis nie totsiens nie maar vaarwel. God
    het jou nodig. Liefde Manie, Ricka en kinders.
     	
