Page 5 - Begrafnis brief pa
P. 5
Liewe Flip. Toe ons totsiens gesê het op 3 Julie het ons nie besef dit sal die laaste keer wees.
Saam met almal kan ons nie vandag daar wees, maar julle is almal saam met jou in ons harte.
Ons sal jou altyd met liefde onthou. Keith en Molly.
Flippie jy was vir ons ‘n voorbeeld want self toe jy siek was het jy altyd gesê dit gaan goed.
As ons n a al jou handewerk kyk hoe jy alles fyn beplan het, kan ons net met verlange terug
dink aan ons skoonseun. Liefde Pa en Ma.
Flip ja wat kan ek sê my broer, ek gaan jou verskriklik mis wie gaan my nou help? Daar
was darm niks wat jy nie kon doen nie. Lief vir jou, Rus in vrede. Tienus en Engela.
Oom Philip. Oom was altyd daar met ‘n helpende hand, glimlag net reg om raad te gee en
te help waar jy kan. Ons gaan oom se wysheid, liefde en insig mis. Oom se stem is stil maar
nooit vergeet nie. Liefde Elton, Leonie en kinders.
‘n brief aan my 2de Pa
Ai ou Flip, hoe groet ek jou? Dis die moeilikste brief wat ek nog ooit moes skryf.. So sal ek
jou altyd onthou.. die oom wat altyd kaalvoet was, die olie hande van al die harde werk, hoe
jy altyd lande toe gery het met die motorfiets, kaalvoet, blokkies hemp en jou groot vuil
hoed met die sweet kolle op en n swart kortbroek. Ek sal onthou hoe jy altyd op jou stoel
gewag het vir jou kos terwyl jy sport op die die tv gekyk het.. Ek het basies my hele lewe by
julle gebl y en dankie.. Dankie dat ek by jou kon slaap toe ek nog n klein laaitie was, tot Riana
my plek in jou bed kom steel het. Dankie dat ek op jou nek kon sit as jy na die pomp in die
berg gestap het en voor op jou motorfiets kon ry. Dankie dat ons 3 boeties altyd in jou
groot stoor kon speel, maar ons mag net nie te veel stof gemaak het nie. Ons kon altyd agter
op die Lorrie in die gestroopte mielies gespeel het, maar mag net nie die mielies van die
Lorrie laat afval het nie. Dankie vir al die krieket wat ons almal saam gespeel het, ons moes
altyd net keer vir die ruite. My hart is stukkend jy was my tweede pa. Jou spesiale plek sal
altyd leeg wees, maar ons sal jou altyd in ons harte onthou. Jy los 3 pragtige mense agter en
ons gaan jou baie mis. Tot ons jou weer sien, slaap sag. Liefde Tian en Zenda
Ek gaan jou mis my oom Flip. Jy was regtig n baie groot deel van my lewe en net so is
daardie groot deel nou weg en niemand sal dit ooit kan vul nie. Vir 36 jaar was jy altyd daar,
was dit om te luister, oor rugby te praat, politiek , grappies maak of net plein raad wat ek
altyd wou he met alles wat ek aangepak het, van raad met my kar tot hoe om iets te bou was
jou wysheid altyd die raad wat ek gevolg het, en verseker hoekom dit altyd n sukses was. Ek
weet 36 jaar is lank , maar nog n paar jaar sou verseker nie skade gedoen het nie maar ek glo
vas dat God nie foute maak nie en dus is ek net dankbaar dat God jou vir 36 jaar vir ons
geleen het. Almal wat jou geken het sal saamstem dat jy so groot deel van hulle lewens was
wat gevul was met jou teenwoordigheid wat niemand ooit sal kan vul nie en dit die bewys
dat God die beste vir almal wil he want jy het die beste in mense uitgebring. Jy was die beste
2de pa wat enige iemand ooit van kon droom en DANKIE daarvoor!Almal glo wat hulle
glo en ek glo vas dat ons een dag in die hemel weer sal kan sit en met mekaar praat en dis
die hoop wat ek het dat jy by oupa en ouma is en dat ons jou en hulle weer sal sien. Tot dan
toe my oom Flip!!!!!