Page 2 - Covid Inligtingsgids 24 Junie 2020
P. 2

24 Junie 2020


       Geagte Pietie-ouer en -leerder


       HEROPENING VAN HOËRSKOOL PIETERSBURG VIR GRAAD 10 & 11:  COVID-19

       Met die skool wat weer binnekort stelselmatig gaan heropen, is dit noodsaaklik dat sekere
       volhoubare maatreëls in plek gestel word om te verseker dat ons gemeenskap en leerders veilig bly
       en ons die skooljaar sonder enige verdere onderbrekings kan voltooi.


       Heropening:
       Ons het toestemming ontvang dat die graad 10 & 11-leerders vanaf Maandag, 29 Junie, mag
       terugkeer skool toe.

       1.     Slegs 50 % van Gr.10-leerders (224) en graad 11-leerders (242) mag op 'n dag op die
              skoolterrein wees aangesien ons lokaalgroottes nie geskik is om almal gelyk te akkommodeer
              nie.

       2.     'n Siklus bestaan nou uit 12 skooldae en nie meer 6 nie.

       3.     Die siklusdae werk dus as volg: Dag 1 A (leerders met vanne A tot L) en Dag 1 M (leerders
                  met vanne M tot Z) ens.

       4.     Gr.10-leerders skryf net op M-dae toets. Die leerders word verdeel tussen die Gr.10 & 11-
              registerpersoneel se lokale om by die voorgeskrewe maatreëls te hou.

       5.     Gr.11-leerders skryf net op A-dae toets. Die leerders word verdeel tussen die Gr.10 en Gr.11-
              registerpersoneel se lokale om by die voorgeskrewe maatreëls te hou.

       6.     Om 9:30 op toetsdae verdaag alle Gr.10 & 11-leerders wat nie daardie betrokke dag klas het
              nie. Ouers moet hul asb. oplaai en huis toe neem.

       7.     Die skool verdaag elke dag om 14:30.
   1   2   3   4   5   6   7